Die Breytenbach Galery, met sy houtvloer, hortjies-vensters, dik mure, hoë plafon en natuurlike lig, bied ’n outentieke uitstalruimte in die hartjie van die Boland, wat deurentyd uitmuntende Suid-Afrikaanse en internasionale kuns ten toon stel.

Anne-Ghrett Erasmus, skilder en digter wat gedebuteer het met Die lekkerste perske is ’n vy, en Ilse Schermers bestuur die galery en die aangrensende Kardoes Kuns winkel.

Die gewilde galery is reeds ver vooruit bespreek, maar belangstellende kunstenaars kan Anne-Ghrett kontak by:
083 415 0002 / 021 864 2988 / galery@breytenbachsentrum.co.za